22. Die Judafamilies was altesaam 76 500 man.
23. Die Issaskarfamilies was dié van Tola, Puwwa,
24. Jasub en Simron.
25. Die Issaskarfamilies was altesaam 64 300 man.
26. Die Sebulonfamilies was dié van Sered, Elon en Jagleël.
27. Die Sebulonfamilies was altesaam 60 500 man.
28. Die Joseffamilies was dié van Manasse en Efraim.
29. Makir, voorvader van Gilead, was uit die Manassefamilie.
30. Die Gileadfamilie was dié van Iëser, Gelek,
31. Asriël, Sekem,
32. Semida, Gefer
33. en Selofgad. Selofgad seun van Gefer het nie seuns gehad nie, net dogters. Sy dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
34. Die Manassefamilies was altesaam 52 700 man.
35. Die Efraimfamilies was dié van Sutelag, Beker en Tagan.
36. Eran was uit die Sutelagfamilie.
37. Die Efraimfamilies was altesaam 32 500 man. Dit was al die Joseffamilies.