Numeri 26:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ná die ramp het die Here vir Moses en vir Eleasar seun van die priester Aäron gesê:

2. “Neem 'n sensus op van die hele volk Israel, van elke Israeliet van twintig jaar en ouer wat vir militêre diens geskik is. Julle moet dit familiegewys doen.”

3. Moses en die priester Eleasar het toe in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan die opname gemaak

4. van almal van twintig jaar en ouer soos die Here vir Moses beveel het.Hier volg die opgawe van die Israelitiese families wat uit Egipte gekom het:

5. Ruben, oudste seun van Israel: die Rubenfamilies was dié van Ganok,

6. Gesron en Karmi.

Numeri 26