Numeri 24:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Ek gaan terug na my mense toe, maar ek wil eers vir jou sê wat hierdie volk in die toekoms aan jou volk sal doen.”

15. Bileam het toe met hierdie uitspraak gekom:“Die openbaring aan Bileam seun van Beor,die openbaring aan 'n man wie se oë geopen is,

16. die openbaring aan een wat die woorde van God hoor,wat sy kennis ontvang het van die Allerhoogste,wat in gebed neerval, en sy oë word geopen:

Numeri 24