32. Dit was dan die groottotaal van al die Israeliete, getel volgens families. Al die geteldes van die kampe, ingedeel in leërafdelings, was 603 550 man.
33. Die Leviete is nie onder die getal van Israel bygereken nie, soos die Here vir Moses beveel het.
34. Die Israeliete het presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het kamp opgeslaan, elkeen by sy eie vaandel, en elke keer weer weggetrek, elke stam ingedeel volgens sy familiegroepe.