9. Moses het toe al die kieries wat in die heiligdom was, na Israel toe uitgebring, en hulle het dit gesien, en elke leier het sy eie kierie gevat.
10. Die Here sê toe vir Moses: “Sit Aäron se kierie terug voor die getuienis, en bêre dit as teken vir die opstandiges. So moet jy 'n einde maak aan hulle verset teen My, sodat hulle nie sterwe nie.”
11. Moses het gedoen presies soos die Here hom beveel het.
12. Die Israeliete het toe vir Moses gesê: “Dit is klaar met ons! Ons gaan tot niet, ons gaan almal tot niet!
13. Elkeen wat maar net naby die tabernakel van die Here kom, sal sterwe. Is dit dan heeltemal klaar met ons?”