1. Die Here het vir Moses gesê:
2. “Vra vir die Israeliete twaalf kieries, een vir die leier van elkeen van die twaalf stamme. Skryf die naam van elke leier op sy kierie.
3. Op Levi se kierie moet jy Aäron se naam skryf. Daar moet net een kierie vir elke stam wees.
4. Sit die kieries dan voor die getuienis in die tent van ontmoeting, waar Ek julle ontmoet.