Numeri 16:47-50 Afrikaans 1983 (AFR83)

47. Aäron het gedoen soos Moses gesê het en tussen die gemeente in gehardloop. Die plaag het toe reeds onder die volk begin woed, maar Aäron het die wierook geoffer en vir die volk versoening gedoen.

48. Hy het gaan staan tussen dié wat al dood was en dié wat nog geleef het, en die plaag het opgehou.

49. Daar het veertien duisend sewe honderd deur die plaag omgekom, afgesien van dié wat deur Korag se toedoen gesterf het.

50. Aäron is toe terug na Moses toe by die ingang van die tent van ontmoeting. Die plaag was verby.

Numeri 16