Numeri 16:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Hulle het as 'n groep teen Moses en Aäron saamgekom en vir hulle gesê: “Dit is nou genoeg. Die hele gemeente, elke lid daarvan, is gewyd, en die Here is by hulle. Waarom verhef julle julle dan bo die gemeente van die Here?”

4. Toe Moses dit hoor, het hy op sy knieë geval en gebid.

5. Daarna het hy vir Korag en sy hele bende gesê: “Môreoggend sal die Here die persoon aanwys wat aan Hom behoort en wat gewy is en sal Hy hom toelaat om by die altaar te kom. Die persoon wat Hy verkies, sal Hy na die altaar toe laat kom.

6. Korag, jy en almal by jou moet dít doen: vat môre vir julle vuurpanne,

Numeri 16