1. Die Here het vir Moses gesê:
2. “Stuur manne om Kanaän, wat Ek aan die Israeliete sal gee, te verken. Uit elke voorvaderlike stam moet jy een stuur wat 'n leier onder hulle is.”
3. Op die bevel van die Here het Moses hulle toe van die Paranwoestyn af uitgestuur. Al die manne was leiers onder die Israeliete.
4. Hulle wasSammua, seun van Sakkur uit die stam Ruben,
5. Safat, seun van Gori uit die stam Simeon,
6. Kaleb, seun van Jefunne uit die stam Juda,
7. Jigal, seun van Josef uit die stam Issaskar,
8. Hosea, seun van Nun uit die stam Efraim,
9. Palti, seun van Rafu uit die stam Benjamin,
10. Gaddiël, seun van Sodi uit die stam Sebulon,
11. Gaddi, seun van Susi uit die stam Manasse, 'n Josefstam,
12. Ammiël, seun van Gemalli uit die stam Dan,
13. Setur, seun van Migael uit die stam Aser,
14. Nagbi, seun van Wofsi uit die stam Naftali, en
15. Geüel, seun van Maki uit die stam Gad.
16. Dit is die name van die manne vir wie Moses gestuur het om die land te verken. Moses het aan Hosea seun van Nun die naam Josua gegee.