Numeri 12:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Mirjam en Aäron het vir Moses aangespreek oor die Kussitiese vrou wat hy gevat het, want hy het met 'n Kussitiese vrou getrou.

2. “Het die Here dan net deur Moses gepraat,” wou hulle ook nog weet, “en nie ook deur ons nie?”Die Here het dit gehoor.

3. Moses was 'n uiters sagmoedige man, meer as enigiemand anders op die aarde.

4. Die Here het onmiddellik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: “Gaan julle aldrie na die tent van ontmoeting toe!” En hulle drie het gegaan.

Numeri 12