Numeri 10:8-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Aäron se seuns, die priesters, moet die trompette blaas. Dit moet vir julle en julle nageslag 'n vaste instelling wees.

9. As julle in julle land wil gaan veg teen 'n vyand wat julle verdruk, moet julle hard op die trompette blaas. Ek, die Here julle God, sal dan op julle ag slaan en julle van julle vyande red.

10. Ook op 'n dag van vreugde of op julle vasgestelde feestye of aan die begin van julle nuwemaansfeeste moet julle by julle brandoffers en maaltydoffers op die trompette blaas. Dit sal My, julle God, aan julle herinner. Ek is die Here julle God.”

11. In die tweede jaar, op die twintigste van die tweede maand, het die wolk opgetrek van die tabernakel met die getuienis af.

Numeri 10