5. En dit is die name van die manne wat vir julle moet bystaan:“uit die stam Ruben: Elisur seun van Sedeür;
6. uit Simeon: Selumiël seun van Suri-Saddai;
7. uit Juda: Nagson seun van Amminadab;
8. uit Issaskar: Netanel seun van Suar;
9. uit Sebulon: Eliab seun van Gelon;
44-46. Dit was dan die getal van die manne wat deur Moses, Aäron en die twaalf Israelitiese stamhoofde getel is. Altesaam was die getelde Israeliete 603 550. Dit was die weerbare manne van twintig jaar en ouer, getel volgens families.
47. Die Leviete is nie as afsonderlike stam bygetel nie.
48. Die Here het naamlik vir Moses gesê:
49. “Die stam Levi moet jy nie tel nie en hulle getal moet jy nie by dié van die Israeliete voeg nie.
50. Jy moet die Leviete aanstel om toesig te hou oor die tabernakel met die getuienis, oor al sy gereedskap en al sy toebehore. Hulle moet die tabernakel en sy gereedskap dra; net húlle moet daarmee werk; en hulle moet hulle tente rondom die tabernakel opslaan.
51. As die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit uitmekaarhaal; en as dit opgeslaan moet word, moet hulle dit opslaan. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om te help, moet doodgemaak word.
52. “Die ander stamme van Israel moet hulle tente opslaan, elke stam op sy eie staanplek, rondom sy eie vaandel, ingedeel by sy eie leërafdeling,
53. maar die Leviete moet hulle tente rondom die tabernakel met die getuienis opslaan, sodat my toorn nie oor die Israeliete kom nie. So moet die Leviete dan vir die tabernakel met die getuienis sorg.”
54. Die Israeliete het alles presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het.