3. Die Senaäfamilie het die Vispoort gebou. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit.
4. Meremot seun van Urija, seun van Kos, het die volgende stuk herstel, Mesullam seun van Berekja, seun van Mesesabel, die volgende, en Sadok seun van Baäna die volgende.
5. Die volgende stuk is herstel deur die mense van Tekoa, maar hulle vooraanstaande mense was nie gewillig om swaar werk te doen vir hulle Here nie.
6. Jojada seun van Paseag, en Mesullam seun van Besodja het die Ou Poort herstel. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit.
7. Die volgende stuk is herstel deur Melatja van Gibeon en Jadon van Meronot, en deur die manne van Gibeon en Mispa wat in diens was van die goewerneur van Wes-Eufraat.
8. Ussiël seun van Garhaja, en die smede het die volgende stuk herstel, en Gananja, een van die salfmengers, die volgende. Hulle het buite om Jerusalem gebou tot by die Breë Muur.