Nehemia 1:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die verhaal van Nehemia seun van Gakalja.Dit was in die maand Kislef, die twintigste jaar. Ek was in die vestingstad Susan.

2. Ganani, een van my medeamptenare, het daar aangekom uit Juda, hy en 'n paar ander manne. Ek het by hulle navraag gedoen oor die Judeërs wat uit die ballingskap vrygelaat is en teruggegaan het, en oor Jerusalem,

3. en hulle het vir my gesê: “Die ballinge wat teruggegaan het, beleef daar in die provinsie Juda groot ellende en smaad. Die muur van Jerusalem lê om, en die stadspoorte is verbrand.”

4. By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid.

5. Ek het gesê:“Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam,

Nehemia 1