Nahum 3:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir jou,bloedbevlekte stad;jy is vol bedrog,gevul met buit,jy hou nie op met roof nie!

2. Swepe klap,wiele dreun,perde jaag,strydwaens vat net hier en daar grond;

3. ruiters galop,swaarde blink,spiese blits.Daar is baie gewondes,hope dooies,ontelbare lyke:mense struikel oor hulle!

4. Dit kom van die hoer Nineve se onsedelikheid,die mooi vrou met haar toorkunste,wat volke verwoes het met haar hoerery,nasies met haar toorkunste.

5. Ek tree teen jou op, sê die Here die Almagtige:Ek sal al jou klere uittrek,Ek sal volke jou kaal liggaam laat sien,koninkryke die skande van jou naaktheid.

Nahum 3