4. Daardie dag sal hulle 'n spotlied oor jou maak,hulle sal 'n klaaglied sing en sê:“Ons is geheel en al vernietig,my volk se besitting is opgedeel,dit is van ons afgevat,ons land is onder verraaiers verdeel.”
5. Daarom sal jy nie meer iemand in die gemeente van die Here hêom jou land te verdeel nie.
6. Dié wat maak of hulle profete is, sê:“Moenie jý 'n profeet probeer wees nie,moenie oor dié dinge praat nie.Daar sal nie ellende oor ons kom nie.”
7. Volk van Jakob, moet daar gevra word:“Is die Gees van die Here kwaad?Doen Hy sulke dinge?”Belowe Ek nie goeie dingevir dié wat opreg lewe nie?
8. My volk het in die afgelope tyd 'n vyand geworden in opstand gekom;julle stroop die mooi klere afvan dié wat houtgerus by julle verbystapsoos soldate van die slagveld af.
9. Julle jaag die vrouens van my volkuit hulle gerieflike huise uit,julle vat die blywende gerief wat Ek hulle gegee het,van hulle kinders af weg.
10. Maak klaar, gee pad!Dit is nie julle blyplek nie,want dit is onrein en verwoes,onherstelbaar verwoes!