Matteus 7:27-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”

28. Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig,

29. want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

Matteus 7