Matteus 3:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek

2. en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

3. Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het:“Iemand roep in die woestyn:Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.”

4. Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.

5. In dié dae het Jerusalem en die hele Judea en die hele omgewing van die Jordaan na hom toe gestroom.

6. Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaanrivier laat doop.

7. Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug?

Matteus 3