32. ‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, en die God van Jakob’? Hy is nie die God van dooies nie maar van lewendes.”
33. Toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.
34. Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom,
35. en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek.
36. “Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”
37. Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand.
38. Dit is die grootste en die eerste gebod.
39. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
40. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”
41. Toe die Fariseërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle:
42. “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?”“Dawid s'n,” antwoord hulle Hom.
43. Hy sê toe vir hulle: “Waarom het Dawid deur die ingewing van die Gees Hom dan ‘Here’ genoem? Hy sê tog: