18. “'n Gekerm word op Rama gehoor,'n gehuil en groot gejammer:Ragel treur oor haar kindersen wil nie getroos word nie,omdat hulle nie meer daar is nie.”
19. Na die dood van Herodes verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef in Egipte
20. en sê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en gaan terug na die land van Israel toe, want die mense wat die Kindjie se lewe gesoek het, is dood.”
21. Josef het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en na die land van Israel toe teruggegaan.
22. Toe hy egter verneem dat Argelaos in die plek van sy vader Herodes oor Judea regeer, was Josef bang om daarheen te gaan. Nadat God hom in 'n droom 'n aanwysing gegee het, is hy na die landstreek Galilea toe.
23. Daar aangekom, het hy gaan woon in 'n dorp met die naam Nasaret. So is vervul wat deur die profete gesê is: Hy sal Nasarener genoem word.