Markus 3:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!”Hy het sy hand uitgesteek en dit was gesond.

6. Die Fariseërs het uitgegaan en dadelik met die Herodiane 'n komplot teen Jesus gesmee om Hom om die lewe te bring.

7. Jesus het toe met sy dissipels teruggegaan na die see toe. 'n Menigte mense het van Galilea af agter Hom aan gegaan. Ook van Judea af,

8. en uit Jerusalem en van Idumea en van oorkant die Jordaan en van rondom Tirus en Sidon af, het daar baie mense na Hom toe gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

9. Weens die gedrang het Hy vir sy dissipels gesê om vir Hom 'n skuitjie reg te hou sodat die mense Hom nie vertrap nie.

Markus 3