24. As 'n koninkryk onderling verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;
25. en as 'n huisgesin onderling verdeeld is, sal daardie huisgesin nie kan bly staan nie.
26. As die Satan teen homself in opstand kom en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar is dit sy einde.
27. “Bowendien kan niemand in 'n sterk man se huis ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie. Eers dan sal hy sy huis kan beroof.
28. “Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat.
29. Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.”
30. Dit het Hy gesê omdat hulle gesê het: “Hy is van 'n onrein gees besete.”