Markus 3:17-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus — vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder” —

18. Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër,

19. en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.

20. Daarna het Jesus huis toe gegaan. 'n Menigte mense het weer saamgedrom, sodat daar selfs nie geleentheid was om 'n stukkie te eet nie.

21. Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.”

22. Die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: “Hy is van Beëlsebul besete!” en “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy bose geeste uitdrywe.”

23. Jesus het hulle nader geroep en hulle met voorbeelde geantwoord: “Hoe kan die Satan die Satan uitdrywe?

Markus 3