10. Hy het baie mense gesond gemaak, sodat almal wat die een of ander siekte gehad het, Hom oorval het om aan Hom te raak.
11. As mense wat van onrein geeste besete was, Hom sien, het hulle voor Hom neergeslaan en geskreeu: “U is die Seun van God!”
12. Maar Hy het hulle baie uitdruklik belet om bekend te maak wie Hy is.
13. Jesus het teen die berg opgegaan en dié wat Hy wou hê, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom.
14. Hy het toe twaalf, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek.
15. Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe.
16. Hy het hierdie twaalf aangestel: Petrus, soos Hy Simon genoem het,