27. En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op 'n wolk sien kom.
28. As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.”
29. Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “Let op die vyeboom en al die ander bome.
30. Sodra julle sien dat hulle begin uitloop, weet julle vanself dat die somer al naby is.
31. Net so moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die koninkryk van God naby is.
32. Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal al hierdie dinge gebeur.
33. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”