Levitikus 27:22-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. As iemand 'n stuk grond wat hy gekoop het, wat dus nie sy erfgrond is nie, aan die Here wy,

23. moet die priester die totale loskoopwaarde bereken wat die grond tot die volgende hersteljaar het. Die skenker moet dan dadelik die loskoopwaarde in kontant betaal. Dit behoort aan die Here.

24. In die hersteljaar val die grond dan weer terug na die persoon van wie dit oorspronklik gekoop is en wie se erfgrond dit is.

25. “Al hierdie loskoopwaardes moet vasgestel word volgens die standaardgewig van die heiligdom.

26. “Onthou dat die eerste kalf van 'n koei en die eerste lam van 'n bok of 'n skaap buitendien aan die Here behoort en dus nie as 'n vrywillige offer aan Hom gewy mag word nie.

27. Die eerste kleintjie van 'n onrein dier kan deur sy eienaar teruggekoop word vir die loskoopwaarde plus twintig persent. As hy dit nie wil terugkoop nie, moet dit verkoop word vir die loskoopwaarde.

Levitikus 27