17. “Iemand wat moord pleeg, moet die doodstraf kry.
18. As iemand 'n ander se dier doodmaak, moet hy dit vervang. Die beginsel is: 'n lewe vir 'n lewe.
19. “As iemand 'n medemens beseer, moet aan hom presies dieselfde gedoen word:
20. as hy iemand se been gebreek het, moet sý been ook gebreek word; as hy iemand se oog beskadig het, moet sý oog ook beskadig word; as hy iemand se tand uitgeslaan het, moet sý tand ook uitgeslaan word. Daar moet aan hom gedoen word wat hy aan sy medemens gedoen het.
21. “As iemand 'n ander se dier doodmaak, moet hy dit vervang, maar as iemand 'n moord pleeg, moet hy die doodstraf kry.