Levitikus 15:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:

2. “Sê vir die Israeliete: Enige abnormale afskeiding uit die geslagsorgaan van 'n man is onrein.

3. Hy is self ook onrein solank die afskeiding duur. Of dit nou 'n aanhoudende of 'n periodieke afskeiding is, dit maak hom onrein.

4. 'n Bed waarop so iemand lê, of enigiets waarop hy sit, word onrein.

21-22. Enige persoon wat aan haar bed raak of aan iets waarop sy gesit het, moet sy klere was en hom bad. Hy is die res van die dag onrein.

Levitikus 15