1. Eienaars, behandel julle slawe reg en billik in die wete dat julle ook onder iemand staan, onder die Here in die hemel.
2. Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar
3. en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit.
4. Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is.
5. Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid.
6. Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.
7. Tigikus, die medegelowige wat ek baie lief het, sal julle alles vertel van hoe dit met my gaan. Hy is 'n getroue dienaar en werk saam met my in diens van die Here.
8. Ek stuur hom na julle toe juis sodat julle kan hoor hoe dit hier by ons gaan en sodat hy die kommer in julle gemoed kan wegneem.