3. want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
4. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.
5. Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is.
6. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.
7. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het.