1. Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en van die broer Timoteus.
2. Aan almal in Kolosse wat aan God behoort, getroue broers in Christus.Genade en vrede vir julle van God ons Vader!
3. Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle
4. omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges.
5. Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is.