12. Geeneen van die konings van die aarde,geen mens ter wêreld sou geglo hetdat 'n teëstander of enige aanvallerooit by Jerusalem se poorte sou inkom nie.
13. Dit het gebeur oor die sondes en oortredingevan die stad se profete en priestersdeur wie onskuldige mensedaar om die lewe gebring is.
14. Profete en priesters het deur die strate gestrompel soos blindes,hulle was bevlek met bloed,niemand wou dit waag om aan hulle klere te raak nie.
15. Mense het vir hulle geskree: “Gee pad! Julle is onrein!Gee pad, gee pad, moenie aan ons raak nie!”En toe hulle vlug en wegstrompel,het ook die heidennasies gesê:“Hulle mag nie hier by ons bly nie!”
16. Die Here self het hulle verstrooi,Hy trek Hom hulle lot nie meer aan nie.Daar is geen meegevoel met die priesters nie,daar word geen genade aan die leiers betoon nie.
17. Ons kyk ons oë moegom hulp wat nie opdaag nie;van ons wagpos af kyk ons in verwagting uitna 'n nasie wat nie help nie.
18. Ons bewegings word dopgehou,ons kan dit nie op straat waag nie.Ons einde is naby, ons dae is getel,ons einde het aangebreek!