1. Ag, hoe dof het die goud geword,hoe het die goeie goudsy glans verloor!Die gewyde edelstene lê weggegooiop al die hoeke van die strate!
2. Sion se kosbare inwoners,vroeër so waardevol geag soos suiwer goud —ag, hoe word hulle nou beskou as erdepotte,die werk van 'n pottebakker.
3. Selfs 'n jakkals gee vir sy kleintjie die speenen laat hom drink,maar my volk het so wreed gewordsoos volstruise in die woestyn.
4. Die suigelinge se tongesit aan hulle verhemeltes vas van die dors;kindertjies smeek om broodmaar niemand gee vir hulle iets nie.
5. Mense wat vroeër ryk geëet het,beswyk nou van honger op die strate,mense wat in weelde grootgeword het,lê nou op die vuilgoedhope.