Klaagliedere 3:39-49 Afrikaans 1983 (AFR83)

39. Wat kla 'n mens oor sy lewe?Hy moet liewer sy sonde oorwin.

40. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoeken ons tot die Here bekeer,

41. laat ons met ons hele hartons hande na God in die hemel uitsteek en bely:

42. “Ons het sonde gedoen en was opstandig;U het nie vergewe nie.”

43. U toorn het ontvlam en U het ons agtervolg,U het 'n slagting aangerig en nie genade betoon nie.

44. U het U met 'n wolk omhulsodat geen gebed na U kon deurkom nie,

45. U het ons die uitvaagsel gemaak,die skuim onder die volke.

46. Al ons vyande rek hulle mond oor ons;

47. angs en benoudheid het oor ons gekom,verlatenheid en verwoesting.

48. Die trane loop in strome uit my oëoor die vernietiging van my volk.

49. My trane sal aanhou vloei,dit sal nie ophou nie,

Klaagliedere 3