Klaagliedere 1:19-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Ek het na my bondgenote geroep,maar hulle het my in die steek gelaat.My priesters en leiers het in die stad beswyktoe hulle vir hulle kos gesoek hetom aan die lewe te bly.

20. Kyk na my nood, Here!Dit brand in my,ek is verpletteromdat ek so ongehoorsaam was;buite maai die swaard afen in die huise heers die pes.

21. Hulle hoor my sug,maar daar kom niemand om my by te staan nie;al my vyande hoor hoe sleg dit met my gaanen hulle is bly dat U dit gedoen het.Laat tog die dag kom wat U aangekondig het,dat hulle kan word soos ek is.

22. Laat al hulle boosheid voor U kom,en doen met hullesoos U met my gedoen het oor al my sondes.Ek sug gedurig,my hart is gebreek.

Klaagliedere 1