6. Die vlugteling moet in die stad bly totdat hy voor die bevoegde vergadering tereggestaan het en totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Eers dan mag die persoon wat die dood veroorsaak het, vry teruggaan huis toe na die stad waar hy vandaan gevlug het.”
7. Kedes in Galilea op die Naftaliberge, Sigem in die Efraimsberge, en Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die Judaberge is toe afgesonder.
8. Oos van die Jerigo-Jordaan is Beser in die woestyn op die hoogvlakte in die stamgebied van Ruben, Ramot in Gilead in die stamgebied van Gad, en Golan in Basan in die stamgebied van Manasse afgestaan.
9. Dit was die stede waarop ooreengekom is. Enige Israeliet, of enige vreemdeling tussen die Israeliete, wat onopsetlik die dood van 'n ander veroorsaak het, kon na so 'n asielstad toe vlug sodat hy nie deur 'n bloedverwant van die oorledene doodgemaak word sonder dat hy deur 'n vergadering verhoor is nie.