5. Die waters het my toegevou,die groot water het my omring,seegras was om my kop gedraai.
6. Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge,die aarde het my vir altyd toegesluit.Maar U, Here my God, het my van die dood gered.
7. Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink,en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.
8. Dié wat op nuttelose afgode vertrou,verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon.
9. Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring;wat ek beloof het, sal ek doen.Hulp kom net van die Here af.”
10. Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg.