Johannes 12:27-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. “Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur.

28. Vader, verheerlik u Naam!”Toe het daar 'n stem uit die hemel gekom: “Ek het my Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”

29. Die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag was. Ander het gesê: “'n Engel het met hom gepraat.”

30. Toe sê Jesus: “Hierdie stem het nie om my ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.

31. Nou kom die oordeel oor hierdie wêreld; nou sal die owerste van hierdie wêreld uitgegooi word buitentoe.

32. En as Ek van die aarde af verhoog is, sal Ek almal na My toe trek.”

33. Dit het Hy gesê en daarmee ook aangedui op watter manier Hy sou sterwe.

Johannes 12