8. Die dissipels sê toe vir Hom: “Rabbi, nou die dag nog wou die Jode U stenig, en gaan U weer daarheen?”
9. Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf uur in 'n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.
10. Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat hy nie die lig het nie.”
11. Hierna het Hy vir hulle gesê: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.”
12. Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, as hy slaap, sal hy gesond word.”
13. Jesus het van Lasarus se dood gepraat, maar hulle het gedink Hy praat van die gewone slaap.
14. Toe sê Jesus vir hulle reguit: “Lasarus is dood,