19. Die Here het sy volk geantwoord:Ek stuur vir julle koring en wyn en olie.Julle sal oorgenoeg hê.Ek sal julle nie weer tot 'n bespottingonder die nasies maak nie.
20. Hierdie vyand uit die noorde sal Ek wegvat van julle af,Ek sal hom wegjaag na 'n droë en verwoeste land toe,sy voorpunt sal in die Dooie See belanden sy agterhoede in die Middellandse See.Sy stank sal opstyg,sy slegte reuk sal versprei,want hy het hom groot gehou.
21. Jy moenie bang wees nie, ploegland,jy moet bly wees en juig,want die Here het 'n wonder gedoen.
22. Julle moenie bang wees nie, vee in die veld,want die weiveld word groen,die bome dra vrugte,die vyebome en die wingerd staan in volle drag.
23. Inwoners van Sion, julle moet bly weesen juig tot eer van die Here julle God,want Hy het die reëns betyds laat kom,Hy het die vroeë en die laat reën soos voorheen gegee.
24. Die dorsvloer lê vol koring,die parskuipe loop oor van wyn en olie.
25. Ek sal julle vergoed vir die tydvan sprinkaanswerm op sprinkaanswermtoe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het,julle verteer het.
26. Julle sal oorgenoeg hê om te eet,julle sal die Naam van die Here julle God prys,Hy wat wonders vir julle gedoen het.My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
27. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is,dat Ek die Here julle God is,dat daar buiten My nie 'n ander is nie.My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
28. Wanneer dit alles gebeur het,sal Ek my Gees laat kom op al die mense,julle seuns en julle dogters sal as profete optree,julle oumense sal drome droom,julle jong mans sal visioene sien.
29. In daardie tyd sal Ek my Gees laat komselfs op dié wat nie in aansien is nie.
30. Ek sal tekens gee, in die hemel en op die aarde:bloed, vuur en rookwolke.