Job 9:31-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

31. God sou my weer in 'n modderpoel gooi,sodat my klere my tot 'n aanstoot maak.

32. Hy is nie 'n mens soos ekdat ek op sy vrae sou kon antwoord nie,dat ons in 'n hofsaak teen mekaar betrokke sou kon raak nie.

33. As daar maar iemand waswat in die saak tussen ons kon oordeel,wat oor ons albei onpartydig kon regspreek,

34. as daar maar iemand waswat God se straf van my kon wegneem,sodat sy verskrikking my nie skielik oorval nie,

Job 9