Job 9:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het Job weer gepraat:

2. “Ek weet dit is soos jy sê:Wie kan sy saak teen God wen?

3. As jy 'n saak teen Hom sou wou voer,sou jy Hom nie eers op een vraag uit duisend kon antwoord nie.

4. Die wysheid en krag van God is groot:wie kan Hom teëstaan en niks oorkom nie?

5. Hy verskuif berge sonder dat hulle dit self agterkom;in sy toorn maak Hy hulle tot niet.

6. Hy laat die aarde ruk, weg van sy fondamente af,en sy pilare bewe.

Job 9