1. Toe het Job weer gepraat:
2. “As my bittere ellende maar geweeg kon word,as die ongeluk wat my getref het, op 'n skaal gesit kon word,
3. sou dit swaarder weeg as die sand van die see.Daarom het ek nie gedink wat ek sê nie.
4. Die pyle van die Almagtige deurboor my,ek word geleidelik deur hulle vergiftig.Verskrikkinge van God bedreig my.
5. Balk 'n wildedonkie as hy by gras kom?Bulk 'n bees by sy voer?
6. Eet 'n mens smaaklose kos, kos sonder sout?Het die wit van 'n eier enige smaak?
7. “Ek raak nie aan sulke kos nie,dit maak my siek.
8. Ag, mag my gebed verhoor word,mag God vir my gee wat ek begeer:
9. mag Hy dit goeddink om my te vernietig,om my lewe met sy hand af te kap!
10. Dan sou ek nog dié troos hê,die vreugde in die pyn wat Hy my nie gespaar het nie:dat ek die woorde van die Heilige nie geminag het nie.
11. “Het ek nog die krag om dit uit te hou?Kan ek nog geduldig op my einde wag?