Job 41:20-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Aan 'n knopkierie steur hy hom nie,hy lag as 'n swaard op hom afkom.

21. Die skubbe aan sy onderkant het punte soos potskerwe,soos 'n dorsslee maak dit merke op die modder.

22. Hy laat die diep water kook soos in 'n pot,hy laat die water van die meer skuim.

23. Agter hom lê 'n blink streep op die water,lê die diep water wit van die skuim.

24. Op die grond is niemand sy gelyke nie,hy is 'n ondier sonder vrees.

25. Hy kyk met minagting na diere groter as hy,hy is baas selfs oor al die groot diere.”

Job 41