Job 41:10-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Daar kom vuur uit sy bek,die vonke waai deur die lug.

11. Daar trek rook uit sy neusgate,soos uit 'n kokende pot op 'n vuur.

12. Sy asem steek vure aan,daar skiet vlamme uit sy bek.

13. Daar is groot krag in sy nek;wie hom sien, word deur angs oorval.

14. Sy vleis is saamgepak asof dit aan hom gegiet is,dit gee nie mee nie.

15. Sy hart is so hard soos klip,so hard soos 'n maalklip.

16. Sterkes vlug as hy die water roer.By die eerste rimpeling gee hulle pad.

17. Wie hom met die swaard steek, rig niks uit nie,ook nie met 'n spies, 'n pyl of 'n assegaai nie.

18. Yster is vir hom soos strooi,brons soos vrot hout.

19. Met pyl en boog jaag jy hom nie op die vlug nie,klippe uit 'n slingervel is vir hom niks nie.

20. Aan 'n knopkierie steur hy hom nie,hy lag as 'n swaard op hom afkom.

21. Die skubbe aan sy onderkant het punte soos potskerwe,soos 'n dorsslee maak dit merke op die modder.

22. Hy laat die diep water kook soos in 'n pot,hy laat die water van die meer skuim.

23. Agter hom lê 'n blink streep op die water,lê die diep water wit van die skuim.

Job 41