Job 38:22-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Was jy al by die plek waar die sneeu gebêre word?Het jy al die plek gesien waar die hael gebêre word,

23. wat Ek opgegaar het vir 'n tyd van rampe,vir die dag as Ek wil oorlog voer?

24. Hoe loop die pad na die plek toe waar die lig sy oorsprong heten die oostewind oor die aarde begin waai?

25. Wie het vir die stortreën 'n pad oopgekapen vir die donderwolke hulle koers bepaal

26. sodat dit reën in 'n land waar nie mense is nie,in 'n woestyn waar niemand woon nie

Job 38