Job 37:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dan begin ek beween gaan my hart aan die ruk.

2. Hoor hoe bulder die stem van God,hoe dreun dit uit sy mond!

3. Hy laat dit losbreek in die hemelruim,Hy laat dit blits tot by die uithoeke van die wêreld,

4. en dan kom die donderslag.God laat sy magtige stem hoor,Hy stuur die onweer in volle kragwanneer Hy sy stem laat hoor.

5. Met sy stem laat God magtige dinge gebeur.Hy doen groot dade en ons begryp dit nie.

Job 37