Job 36:27-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Hy trek vog op uit die see,Hy haal reën uit die groot waters uit,

28. dan giet die wolke water uit,laat hulle dit op al die baie mense val.

29. Kan iemand verstaan hoe die wolke beweegen hoe die weer dreun daar in die woonplek van God?

30. Hy versprei die weerlig deur die lug,en bedek die bodem van die see.

31. So regeer Hy oor die volkeen gee Hy kos in oorvloed.

32. Hy vat die weerlig in sy handen stuur dit op die doelwit af.

33. Die onweer kondig aan dat die storm kom,die vee snuif die lug op voor die storm losbreek.

Job 36