Job 36:15-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Maar God bevry die mense in nood uit hulle ellende,Hy laat hulle op Hom ag gee in hulle verdrukking.

16. God het jou na Hom toe getrek, weg van gevaar af,Hy het jou veilig laat lewe,dit was rustig aan jou tafels vol oorvloed.

17. Maar nou het die oordeel wat die goddelose toekom,jou voluit getref,oordeel en straf het jou ingehaal.

18. Moenie dat jou grief jou tot uittarting verlei nie,moenie jou saak wil regstel met 'n groot omkoopgeskenk nie.

19. Kan hulpgeroep jou help?Nie in jou ellende nie!Ook nie al roep jy met al die krag waaroor jy beskik nie.

Job 36