Job 31:16-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Het ek armes geweier wat hulle gevra heten weduwees van honger laat vergaan?

17. Het ek my stukkie kos alleen geëeten die weeskind nie ook daarvan laat eet nie?

18. Inteendeel, van my jeug af was ek vir die weeskind 'n pa,van my kindsdae af het ek vir die weduwee gesorg.

19. Het ek 'n arme sonder klere sien rondswerween hom nie iets gegee om aan te trek nie?

20. Het hulle my nie juis geprysomdat my skape se wol hulle warm gehou het nie?

21. Het ek my hand teen 'n weeskind opgeligomdat ek kon reken op die partydigheid van die regters?

22. As ek aan iets hiervan skuldig is,mag my bo-arm afgeskeur word van my skouer af,mag my arm afgebreek word.

23. Maar vir die ramp wat God nou gestuur het, is ek bang,teen sy majesteit kan ek niks doen nie.

24. Het ek op goud my vertroue geplaas,het ek gedink fyn goud sal my sekerheid gee?

25. Het ek al my vreugde gevind in my groot rykdom,in die besittings wat ek bymekaargemaak het?

26. Het ek die son sien skyn,die maan in sy prag sien beweeg,

27. en my laat verleiom hulle te vereer met 'n soen op my hand?

28. Dit sou 'n sonde wees wat gestraf moes word,want dan sou ek God daarbo verloën het.

Job 31